Residensieel
‘RBPlat-werknemers kan nou hulle eie huis in ’n moderne residensiële ontwikkeling koop, gerieflik naby aan die werk en met maklike toegang tot die stad en sy geriewe.’
Huis-Opsies

3 slaapkamer huis - 80m²

3 slaapkamer huis - 140m²

4 slaapkamer huis - 220m²

Ontwerp jou eie uitleg - 360m²
Sleutelkenmerke
Fase 1 – voltooi

- Fase 1 van die projek se aanvanklike beleggingskoste was R250 miljoen.
- 422 huise van 80m² is gebou, en gesinne woon reeds in hulle nuut aangeskafte huise.
- Interne paaie en straatligte is voltooi.
- Die omringmuur en hekhuisfasiliteite is in werking.
- Alle standplase in Fase 1 ontvang volledige dienste.
- Tuine in gemeenskaplike areas ontvang landskapversorging en word instand gehou om te
verseker dat die Landgoed ten alle tye ’n estetiese uitsig bied.
Fase 2

- Fase 2 van die projek het ’n beleggingskoste van R2.8 biljoen.
- Twee skouhuise is op die terrein voltooi en planne is in werking gestel om huise van die-plan-af te verkoop.
- 3 100 huise sal gebou word – in ’n kombinasie van die vier verskillende woningskategorieë, in afgemerkte areas van die Landgoed.
- Die Landgoed sal oor twee hoofingange en verskeie kleiner interne toegangshekke vir inwoners en besoekers beskik.
- Die ontwikkelaar het planne om toekomstige kommersiële geriewe by te voeg ooreenkomstig die ontwikkelingsvisie.
- Fase 2 huiskategorieë sluit in:
80m² – 1 854 eenhede
140m² – 633 eenhede
220m² – 91 eenhede
360m² – 12 eenhede
Huiskoop
Koste van Huise
Verskillende groottes en pryse om by die verskillende behoeftes van werknemers te pas, met buigsame betaalstrukture om bekostigbaarheid te verseker.
- Leningsbetalings sal laer as die verwagte vlak wees om met bekostigbaarheid vir werknemers ooreen te stem.
- Die RBPlat Huiseienaarstoelaag en Uitwoontoelae sal op huislening-terugbetalings toegepas word.
- Verhogings tree elke jaar op 1 Julie in werking, ooreenkomstig jaarlikse salarisverhogings.
- Maandstate sal paaiemente weerspieël wat afhang van die grootte huis wat gekoop is.
- Voorafbetaalde elektrisiteit, water, grondbelasting, transport en instandhouding binne die huis is die verantwoordelikheid van die huiseienaar.
Bepalings en Voorwaardes van die Lening
- Voornemende huiseienaars moet permanente werknemers van die RBPlat Groep wees.
- RBPlat bly die geregistreerde eienaar van die eiendom totdat daar aan 50% van die terugbetalingsverpligting voldoen is. Dan kan die huiseienaar kies om oordrag van die eiendom te neem en RBRP sal ’n verband op die eiendom registreer. Indien nie sal oordrag eers plaasvind wanneer die volledige bedrag vereffen is (termyn +/- 18 jaar)
- Geen huiseienaar mag die eiendom verkoop of verhuur sonder skriftelike toestemming van RBRP nie.
- Die regte van die huiseienaar op die eiendom word onderskryf en RBRP kan nie die eiendom verder verhandel nie, behalwe in die geval van kontrakbreuk.
- Indien die werknemer die eiendom wil verkoop (nadat die eiendom oorgedra is), het die maatskappy die eerste opsie om die eiendom by die werknemer terug te koop.