Oor die Ontwikkeling

  • Waterkloof Hills Estate word beplan as een van die puikste vrybesit residensiële ontwikkelings in die streek en bied aan huiseienaars ’n moderne leefstyl met ’n unieke versnit van gemeenskapslewe op ’n veilige Landgoed.
  • Die ontwikkelingsvisie word in die ontwikkelingsbloudruk uiteengesit, en die Landgoedreëls en argitektoniese riglyne is gefinaliseer om harmonie met die ontwikkelingsvisie te verseker.
  • Die Landgoed beskik oor ’n unieke spektrum woningsopsies met huisgroottes van 80m²; 140m²; 220m² tot 360m². Verkillende ontwerpstyle word in elke kategorie aangebied. ’n Langtermyn kommersiële spilpunt word beplan om die volhoubaarheid van die ontwikkeling te waarborg.
  • Instandhouding kry voorrang; gemanikuurde tuine, parke en rante in al die gemeenskaplike areas word noukeurig versorg om te verseker dat die Landgoed ten alle tye ’n positiewe indruk op beide  huiseienaars en besoekers maak.
  • Die Landgoed word deur ’n beveiligde omtrekmuur omring en beskik oor toegangsbeheerde hekke met bewaakte hekhuisfasiliteite
  • Alle huiseienaars is aan die Landgoedreëls onderhewi, soos dit deur die Huiseienaarsvereniging bestuur word.