Meer Oor Ons

‘ ’n Moderne, veilige en beskermde Landgoed, waar gesinne saamleef en bande smee, en wat jy met trots jou tuiste noem!’

Projekoorsig

Royal Bafokeng Platinum (RBPlat) het, ooreenkomstig die Suid-Afrikaanse Mynbouhandves, ’n behuisingstrategie ontwikkel wat huiseienaarskap vir al sy lede bevorder, ten einde ‘n langdurige erflating van volhoubare voordele tot stand te bring. Dit verteenwoordig die suksesvolle samewerking tussen RBPlat, die National Union of Mineworkers (NUM) en die werknemers, vir die gesamentlike doelwit om moderne, veilige en bekostigbare behuising te voorsien.
Die behuisingstrategie het gelei tot ’n R2.8 biljoen belegging in die RBPlat Werknemersbehuisingsprojek wat aan werknemers die geleentheid gee om hulle eie huise te besit en mettertyd ekwiteit op te bou. Dié ontwikkeling met die titel Waterkloof Hills Estate is op 294 hektaar langs die N4 geleë, naby aan Waterfall Mall-winkelsentrum op Rustenburg. Dit sluit tans in: Fase 1 in wat in 2012 ’n aanvang geneem het, met 422 huise, en Fase 2 wat in 2014 ’n aanvang geneem het. Fase 2 wat tans onder konstruksie is, sal by voltooiing ’n totaal van 3 100 huise en ‘n toekomstige kommersiële spilpunt met ’n winkelsentrum, kliniek, skool, hospitaal ens. insluit.

Oor die Ontwikkeling

  • Waterkloof Hills Estate word beplan as een van die puikste vrybesit residensiële ontwikkelings in die streek en bied aan huiseienaars ‘n moderne leefstyl met ‘n unieke versnit van gemeenskapslewe op ’n veilige Landgoed.
  • Die ontwikkelingsvisie word in die ontwikkelingsbloudruk uiteengesit, en die Landgoedreëls en argitektoniese riglyne is gefinaliseer om harmonie met die ontwikkelingsvisie te verseker.
  • Die Landgoed beskik oor ’n unieke spektrum woningsopsies met huisgroottes van 80m²; 140m²; 220m² tot 360m². Verkillende ontwerpstyle word in elke kategorie aangebied. ’n Langtermyn kommersiële spilpunt word beplan om die volhoubaarheid van die ontwikkeling te waarborg.
  • Instandhouding kry voorrang; gemanikuurde tuine, parke en rante in al die gemeenskaplike areas word noukeurig versorg om te verseker dat die Landgoed ten alle tye ’n positiewe indruk op beide  huiseienaars en besoekers maak.
  • Die Landgoed word deur ‘n beveiligde omtrekmuur omring en beskik oor toegangsbeheerde hekke met bewaakte hekhuisfasiliteite
  • Alle huiseienaars is aan die Landgoedreëls onderhewi, soos dit deur die Huiseienaarsvereniging bestuur word.

Ligging

Ligging is alles … en Waterkloof Hills Estate is perfek geleë in die hart van Rustenburg, naby  Waterfall Mall-winkelsentrum en langs die N4-snelweg na Johannesburg en Pretoria. Dié moderne residensiële ontwikkeling word uitsluitlik vir die werknemers van Royal Bafokeng Platinum gebou.

Ontwikkelingsvennote

‘Die Landgoed word deur ’n toegewyde en betroubare ontwikkelaar (RBPlat) ontwikkel in vennootskap met die Unie (NUM) om te waarborg dat die ontwikkelingsvisie ’n werklikheid word. Die vennote het ’n visie vir die daarstelling van ’n bekostigbare residensiële ontwikkeling van voldoende omvang en statuur om huiseienaarskap vir werknemers van RBPlat te bevorder.’

Royal Bafokeng Resources Properties (RBRP)

RBRP is die ontwikkelings- en bestuursmaatskappy van Waterkloof Hills Estate wat deur die stigters- en beleggersvennote (RBPlat, NUM en die PIC) saamgestel is om te verseker dat behoorlike bestuurstelsels en -prosesse vir die RBPlat Werknemersbehuisingsprojek beskikbaar is. Royal Bafokeng Resources Properties is ’n geregistreerde kredietverskaffer, registrasienommer NCRP7210.

Royal Bafokeng Platinum (RBPlat)

RBPlat in swart besit en onder swart beheer, is ’n middelvlak platinumgroepmetaal-produsent wat op die Johannesburge Aandelebeurs (JSE) gelys is. RBPlat bedryf die Bafokeng Rasimone Platinummyn en vestig tans die Styldrift I Projek, beide waarvan in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika geleë is. Die Styldrift I Projek sal huiseienaarskap bevorder as ’n langdurige nalatenskap van volhoubare voordele aan sy werknemers.

National Union of Mineworkers (NUM)

NUM  het ’n visie oor die voorsiening van geskikte behuising aan al sy lede, en speel dus’n belangrike leierskaps- en toesighouersrol in dié ontwikkeling. NUM het ’n sleutelrol gespeel in onderhandelinge oor die Werknemersbehuisingsprojek as deel van sy 2011-loonooreenkoms met RBPlat.

Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)

Die WVF is deur Suid-Afrikaanse wetgewing geskep en daaraan onderhewig. Die Fonds voorsien korttermynverligting aan werkers wanneer hulle werkloos word of nie in staat is om te werk nie weens kraam, aannemingsverlof of siekte. Dit bied ook verligting aan die afhanklikes van ’n ontslape bydraer.
Grootmaat-befondsing word deur die WVF voorsien, wat die PIC as sy finansiëlediensteverskaffer sal gebruik.

Public Investment Royal Bafokeng Platinum Corporation (PIC)

Die PIC is vandag een van die grootste beleggingsbestuurders in Afrika, wat bates van meer as R1.8 triljoen bestuur en steeds groei. Die PIC is ’n geregistreerde verskaffer van finansiële dienste en word in geheel deur die Suid-Afrikaanse regering besit, met die Minister van Finansies as aandeelhouer-verteenwoordiger.
Die PIC het namens die WVF fondse in Waterkloof Hills Landgoed belê ooreenkomstig sy beleggingsmandaat, en word gemagtig deur die Raad op Finansiële Dienste (RFD).