Koste van Huise

Verskillende groottes en  pryse om by die verskillende behoeftes van werknemers te pas, met buigsame betaalstrukture om bekostigbaarheid te verseker.

  • Leningsbetalings sal laer as die verwagte vlak wees om met bekostigbaarheid vir werknemers ooreen te stem.
  • Die RBPlat Huiseienaarstoelaag en Uitwoontoelae sal op huislening-terugbetalings toegepas word.
  • Verhogings tree elke jaar op 1 Julie in werking, ooreenkomstig jaarlikse salarisverhogings.
  • Maandstate sal paaiemente weerspieël wat afhang van die grootte huis wat gekoop is.
  • Voorafbetaalde elektrisiteit, water, grondbelasting, transport en instandhouding binne die huis is die verantwoordelikheid van die huiseienaar.