Bepalings en Voorwaardes van die Lening

  • Voornemende huiseienaars moet permanente werknemers van die RBPlat Groep wees.
  • RBPlat bly die geregistreerde eienaar van die eiendom totdat daar aan 50% van die terugbetalingsverpligting voldoen is. Dan kan die huiseienaar kies om oordrag van die eiendom te neem en RBRP sal ’n verband op die eiendom registreer. Indien nie sal oordrag eers plaasvind wanneer die volledige bedrag vereffen is (termyn +/- 18 jaar)
  • Geen huiseienaar mag die eiendom verkoop of verhuur sonder skriftelike toestemming van RBRP nie.
  • Die regte van die huiseienaar op die eiendom word onderskryf en RBRP kan nie die eiendom verder verhandel nie, behalwe in die geval van kontrakbreuk.
  • Indien die werknemer die eiendom wil verkoop (nadat die eiendom oorgedra is), het die maatskappy die eerste opsie om die eiendom by die werknemer terug te koop.