Projekoorsig

Royal Bafokeng Platinum (RBPlat) het, ooreenkomstig die Suid-Afrikaanse Mynbouhandves, ’n behuisingstrategie ontwikkel wat huiseienaarskap vir al sy lede bevorder, ten einde ’n langdurige erflating van volhoubare voordele tot stand te bring. Dit verteenwoordig die suksesvolle samewerking tussen RBPlat, die National Union of Mineworkers (NUM) en die werknemers, vir die gesamentlike doelwit om moderne, veilige en bekostigbare behuising te voorsien.

Die behuisingstrategie het gelei tot ’n R2.8 biljoen belegging in die RBPlat Werknemersbehuisingsprojek wat aan werknemers die geleentheid gee om hulle eie huise te besit en mettertyd ekwiteit op te bou. Dié ontwikkeling met die titel Waterkloof Hills Estate is op 294 hektaar langs die N4 geleë, naby aan Waterfall Mall-winkelsentrum op Rustenburg. Dit sluit tans in: Fase 1 in wat in 2012 ’n aanvang geneem het, met 422 huise, en Fase 2 wat in 2014 ’n aanvang geneem het. Fase 2 wat tans onder konstruksie is, sal by voltooiing ‘n totaal van 3 100 huise en ‘n toekomstige kommersiële spilpunt met ’n winkelsentrum, kliniek, skool, hospitaal ens. insluit.