Ontwikkelingsvennote
‘Die Landgoed word deur ’n toegewyde en betroubare ontwikkelaar (RBPlat) ontwikkel in vennootskap met die Unie (NUM) om te waarborg dat die ontwikkelingsvisie ’n werklikheid word. Die vennote het ’n visie vir die daarstelling van ’n bekostigbare residensiële ontwikkeling van voldoende omvang en statuur om huiseienaarskap vir werknemers van RBPlat te bevorder.’
Royal Bafokeng Resources Properties (RBRP)
RBRP is die ontwikkelings- en bestuursmaatskappy van Waterkloof Hills Estate wat deur die stigters- en beleggersvennote (RBPlat, NUM en die PIC) saamgestel is om te verseker dat behoorlike bestuurstelsels en -prosesse vir die RBPlat Werknemersbehuisingsprojek beskikbaar is. Royal Bafokeng Resources Properties is ’n geregistreerde kredietverskaffer, registrasienommer NCRP7210.
Royal Bafokeng Platinum (RBPlat)
RBPlat in swart besit en onder swart beheer, is ’n middelvlak platinumgroepmetaal-produsent wat op die Johannesburge Aandelebeurs (JSE) gelys is. RBPlat bedryf die Bafokeng Rasimone Platinummyn en vestig tans die Styldrift I Projek, beide waarvan in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika geleë is. Die Styldrift I Projek sal huiseienaarskap bevorder as ’n langdurige nalatenskap van volhoubare voordele aan sy werknemers.
National Union of Mineworkers (NUM)
NUM het ’n visie oor die voorsiening van geskikte behuising aan al sy lede, en speel dus ’n belangrike leierskaps- en toesighouersrol in dié ontwikkeling. NUM het ’n sleutelrol gespeel in onderhandelinge oor die Werknemersbehuisingsprojek as deel van sy 2011-loonooreenkoms met RBPlat.
Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)
Die WVF is deur Suid-Afrikaanse wetgewing geskep en daaraan onderhewig. Die Fonds voorsien korttermynverligting aan werkers wanneer hulle werkloos word of nie in staat is om te werk nie weens kraam, aannemingsverlof of siekte. Dit bied ook verligting aan die afhanklikes van ’n ontslape bydraer.
Grootmaat-befondsing word deur die WVF voorsien, wat die PIC as sy finansiëlediensteverskaffer sal gebruik.
Public Investment Royal Bafokeng Platinum Corporation (PIC)
Die PIC is vandag een van die grootste beleggingsbestuurders in Afrika, wat bates van meer as R1.8 triljoen bestuur en steeds groei. Die PIC is ’n geregistreerde verskaffer van finansiële dienste en word in geheel deur die Suid-Afrikaanse regering besit, met die Minister van Finansies as aandeelhouer-verteenwoordiger.
Die PIC het namens die WVF fondse in Waterkloof Hills Landgoed belê ooreenkomstig sy beleggingsmandaat, en word gemagtig deur die Raad op Finansiële Dienste (RFD).



